Orania · Noord-Kaap

Naguiltjie Selfsorgkom knip ’n uiltjie in Orania

’n Rustige, losstaande eenheid op die rand van die dorp — ver genoeg van die bedrywigheid, maar steeds naby genoeg vir gemak.

Sitarea met gemakstoele en groot venster in die Naguiltjie-eenheid
Die sitarea & slaapvertrek
Stoep met sitplek by die Naguiltjie-eenheid
Oor die eenheid

’n Nuwe, rustige selfsorgeenheid

Die eenheid bestaan uit ’n helder vertrek met ’n dubbelbed, gemakstoele en ’n klerekas. Die klein kombuisie is goed toegerus met onder andere breekware, mikrogolfoond, induksieplaat, yskas, ketel en nog vele meer. Die badkamer het ’n ruim stort, wasbak en toilet. Handdoeke en linne word voorsien. Lugversorging, ’n televisie en ’n stoepie rond u verblyf af.

  • Dubbelbed & gemakstoele
  • Klerekas
  • Toegeruste kombuisie
  • Mikrogolf & induksieplaat
  • Yskas & ketel
  • Stort, wasbak & toilet
  • Handdoeke & linne
  • Lugversorging & TV
Wat u kan verwag

Eenvoud, gemak en rus

i

Rustig geleë

’n Losstaande eenheid op die rand van Orania, met genoeg ruimte vir twee om tuis te voel.

ii

Volledig toegerus

’n Kombuisie met al die essensiële items sodat u self kan kook en na uself omsien.

iii

Persoonlike diens

Millie en Johan is ’n oproep weg en help u graag met enige navrae oor u verblyf.

Galery

So lyk dit by die Naguiltjie

Sitarea met stoele langs die bed
Toegeruste kombuisie
Bed met televisie
Stort met reënstortkop
Tafel en stoele op die stoep
Voorkant van die eenheid