Terme & Voorwaardes
Terme en voorwaardes
1. Tariewe
- R700.00 per nag vir die eenheid vir die eerste nag en R600.00 vir elke daaropvolgende nag vir maksimum van twee persone.
- Die tariewe mag gewysig word sonder vooraf kennisgewing.
2. Betaling en deposito
- 50% deposito van die totale bedrag is betaalbaar ter bevestiging van bespreking en die uitstaande bedrag op die laaste 2 weke voor aankoms.
- Betaling moet deur ’n bankoordrag gemaak word.
3. Aankoms- en vertrektye
- Inkloktyd: 14:00 tot 20:00 op dag van aankoms tensy anders gereël.
- Vir vroeër of laat aankoms, reël vooraf met bestuur.
- Ontruiming moet geskied voor 10:00 op dag van vertrek.
4. Huisreëls
- Daar is geen kamerdiens nie. Gaste is verantwoordelik vir die skoonmaak en netheid van die eenheid tydens verblyf.
- Geen lawaai of harde musiek word toegelaat nie.
- Rook binne die eenheid word nie toegelaat nie.
- Geen oop vure of brandende kerse word binne die eenheid toegelaat nie.
- Geen troeteldiere word toegelaat nie.
- Lugversorging moet oordeelkundig gebruik word en afgeskakel word wanneer u die eenheid verlaat.
5. Breekskade
- Gaste moet breekskade of enige ander skade aan die eiendom of die inhoud daarvan rapporteer by bestuur voor vertrek.
- Breekskade of enige ander skade moet vergoed word voor vertrek teen die vervangingskoste of herstelkoste.
6. Kansellasiebeleid
Indien verblyf gekanselleer word:
- 0 tot 7 dae voor datum van aankoms, word die volle deposito verbeur.
- 8 tot 14 dae voor datum van aankoms, word 75 % van die deposito verbeur.
- 15 tot 21 dae voor datum van aankoms, word 50% van die deposito verbeur.
- 22+ dae voor datum van aankoms, word 20% van die deposito verbeur.
7. Beperking van aanspreeklikheid
- Die gaste maak gebruik van die eenheid en inhoud daarvan op eie risiko.
- Die eienaar van die gastehuis of haar werknemers is nie aanspreeklik vir enige beserings van gaste of skade aan die eiendom van gaste tydens hulle verblyf in die eenheid nie.